SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

WOESTE LAEVELD REEKS 1ste en 2de DRUK

Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy” tydperk gehad het...? Hier is dit in aksiebelaade stories!

Dit was in die dae toe vroue “skaars en duur artikels” was. Toe wilde avonturiers uit die buiteland in honderdtalle die land binne gekom het en toe vee-smokkelaars en diewe met goud, sterk drank en blitsende rewolwers dikwels ’n hele gemeenskap regeer het. In die wilde, woeste Oos-Transvaal, waar die eerste groot goudontdekkings in Suid-Afrika gemaak is, het hierdie dinge gebeur.

Daar was vurige, hartstogtelike meisies, soos Juanita, wat bereid was om siel en liggaam op te offer aan die man wat hulle lief gekry het. En daar was kêrels soos Johan Grimbeek, met sy kalme, deurvorsende blik en sy sagte gespierde tred. Wat meedoënloos, honderde myle ver op die spoor van ’n moordenaar sal bly soek en vra en luister totdat hy hom opspoor, en dan spring die rewolwer aan sy sy blitsvinnig in aksie, “vinniger as wat ’n mamba kan pik...” ’n Man wat selfs nie deur die wildste en roekeloosste liefde van ’n meisie van die spoor afgelei kan word nie...

Hierdie Woeste Laeveld verhale is van die mees merkwaardigste en romantiese spanningsverhale wat nog in Afrikaans gepubliseer is, met "cowboy" aksie op sy allerbeste.

⭐ 8 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

8 Items
#1 Vlam van die Laeveld

Vlam van die Laeveld

Dewald Brink en Braam le Roux 1950
#2 Die poort van trane

Die poort van trane

Dewald Brink en Braam le Roux 1950
#3 Vonnis van die berge

Vonnis van die berge

Dewald Brink en Braam le Roux 1950
#4 Spore in die dou

Spore in die dou

Dewald Brink en Braam le Roux 1950
#5 Beminde verraaaier

Beminde verraaaier

Dewald Brink en Braam le Roux 1950
#6 Geen vergiffenis

Geen vergiffenis

Dewald Brink en Braam le Roux 1950
#7 Hoefslae teen middernag

Hoefslae teen middernag

Braam le Roux 1953
#8 Ruiters van die dood

Ruiters van die dood

Braam le Roux 1953